Sjoe! Week een is verby! Ek kan nie glo een mens kan so obsesief raak oor kos en gewig nie. Met elke ding wat ek doen dink ek oor die gevolge. Ek leef nou vir kos meer as ooit, die verskil is, dit is gesonde kos! Hoor nou weer vir jakkals prys sy eie stert....mens sal dink die stryd is verby en ek het gewen...."meantime" sê my hart vir my - this is only round one baby!!!
Ons is besig om ons huisie bietjie op te knap voor ek moet terug gaan werk toe, en geen mens dan tyd gaan hê om enige iets te doen -vir jare....en om weer te hoop vir kraamverlof is uit soos koekies in die weeshuis, Pappa het gesê hy gaan volgende week vir sy hmm..... operasietjie! (He He - dan sit ek met nog 'n baba). Maar om terug te kom na die huis, ek gaan koop 'n lieflike spieël, want al die kenners en "interior designers" sê om 'n gang beter en langer te vertoon moet jy 'n spieël hang. So gesê so gedaan!
Wel, kom ek sê julle nou vandag die waarheid, die blêrrie ding is net daar om mens te herinner hoe sleg jy werklik lyk, net voor jy moet kamer toe gaan saam met die man van jou lewe vir Matraskaskanades! Geen mens het dan lus om die daad te doen en almal in die huis loop dikbek rond en Mamma sit en huil 'n dag om oor hoe sleg sy lyk!
Na 'n hele dag se gesaanik, dink manlief toe dit is nou 'n goeie tyd om te vrae wat eintlik skeef geloop het. Die arme man het seker ook maar bietjie van 'n seer ego, weer draai die krane oop en daar sit ek in my volle glorie en vertel hom hoe lelik ek is!
Dadelik begin hy met die verklein woordjies; bokkie, liefie, my skattebolletjie en ek voel net.....dit moet wees BOK, LIEF en SKAT want ek is nie klein nie. Hel man wat hy ook nou al gaan sê laat mens nie beter voel nie...en toe daar sê hy dit, die grootste fout wat enige man op daai tydstip kan maak...Ek is lief vir jou nes jy is! WAT... nes ek is? NES EK IS?? Ek sê dan nou net vir jou ek is die lelikste mens op aarde en nie eens ek is gelukkig met hoe ek lyk nie, hoe de hel kan jy wees.
So "book" ons toe 'n amperste week van stilte in die huis. Ek loop draaie, hy loop draaie en albei van ons is net te hardegat om weer die ander te nader. Vrydag Middag gaan ek en die kinders gou winkels toe om presente te koop vir die naweek se string verjaardae partytjies wat voorlê. My selfoon lui op pad huis toe, ek moet die kinders by 'n vriendin los vir so uur, manlief wil gesêls.
Nou weet mens, die ding gaan nou een van twee eindes hê. Of ek gaan vrede maak en..... of die naweek gaan maar suur wees. Ek ry met 'n hart wat pons in my bors, ek het nog nie eens gestop nie, manlief ruk my uit daai kar, soen vir my en sê: "vir my is jy al wat saak maak, vir my is jy die mooiste en saam maak ons vir jou, jouself die mooiste!" By die huis wag vrede toe vir my met oop arms, op pad kamer toe in die lang gang hang 'n spieël....'n spieël waarin ek oor tyd nog die mooiste in die land gaan word.
Lekker week almal!!
Ek is 'n vrou op 'n misie. My hele lewe lank is ek uitgewys as 'n groot mens....dit is tyd om dit te verander. Ek het 66kg om te verloor, Kom saam met my op my reistog van gewigsverlies en gesond word!
Tuesday, 24 August 2010
Thursday, 19 August 2010
"n VROU nes ek!!!
Ek het die ontvang op my email, ek deel dit graag met julle. Dit het my in traane gehad....EK IS NIE ALLEEN NIE!!!!! Geniet die dag, wees sterk ons KAN dit doen.
Anoniem:
Ek lees nou net jou blog en het sommer begin lag . . . want dit klink asof dit my eie is!
My troetelnaam van die dag van my geboorte was Spekkies (enough said??) en ek was maar nog altyd die ronde een in die familie. Ek het net voor ek my man ontmoet het mooi gewig verloor tot net onder 90Kg. Maar my hubby geniet dit ook om sy vroutjie te bederf en ek is 8jr terug getroud op 106kg. Ek het 2 jaar later swanger geraak op 108kg en het geëindig op 120+kg. Baie diëte en probeerslae later het ek verlede jaar die skaal nogsteeds op so 119kg getrek. My GP het in Junie maand baie kwaai met my geraas en gesê hy gee my max 5 jaar . . . Dan is ek either dooi aan 'n hartaanval, of ek is vol diabeet. Ek't my pose gehou voor hom, maar buite was ek aan die huil! Gelukkig was hubby saam, en ek dink vir die eerste keer kon hy sien dat my gewig my genioun pla!
Moenie 'n fout maak nie . . . Ek is selfversekerd! Ek het 'n man en 'n kind wat die grond aanbid waarop ek loop. Ek sit saam met groot koppe rondom 'n tafel by "n groot Maatskapy en help met belangrike besluitnemings. Ek is 'n steunpilaar vir baie vriendinne. En ek balei vir dit wat reg is. Tog, iewers diep binne my weet ek dat ek nie happy is met hoe ek lyk nie! Ek het 'n groot beenstruktuur met skouers wat lyk asof ek 'n Springbok swemmer is en is 1,8m lank. My bene kan die wees van 'n model, want al die vetjies sit op die maag en boobies.
Ek was al vroeer ook by 'n dieetkundige toe ek gesukkel het om swanger te raak met my 1ste. Sy het ongelukkig opgehou praktiseer, en ek was weer op my eie. Ek het 'n ander dieetkundige genader en my so vervies vir haar @&#$^%&^%$ houding, ek het nooit weer terug gegaan nie. Toe my GP weer 'n dieetkundige voorstel en ek toe nou maar sommer in gewone Afrikaans vir hom vertel wat ek van dieetkundiges dink! Na 'n lekker lag sessie het hy my verwys na 'n baie jong dame waaroor ek toe nou nogal erg skepties was! Ek het Junie verlede jaar na haar toe gegaan en gou agter gekom sy is nogal 'n kwaai snotkoppie - LOL! Ek het so 2 kg verloor voor ek by haar ingestap het, maar volgens haar skaal was ek toe 119kg. Sy het gewaarsku dat ek asb nie nou moet swanger word nie, maar aangesien ons toe nou al vir 4 jr probeer het ek geweier om weer op voorbehoedmidddels te gaan. Verlede jaar Sept/Okt het ek so 5Kg verloor en toe is ek SWANGER!!!! Ons was in ekstase, maar vir 'n kort rukkie . . .Ek het 'n miskraam gehad op 9 weke. Dit was 'n baie moeilike tyd, maar ek het net geweier om te gaan lê en het geglo dat God vir my sou gee op die regte tyd. In Januarie vanjaar was ek weer swanger en in totaal 6 kg ligter as wat ek in Junie was. Ek het hoë bloeedruk en het geweet hieride swangerskap gaan 'n moeilike enetjie wees en dat ek myself BAIE mooi sal moet oppas.
Ek was verlede Vrydag by die dieetkundige (kwaai snotkop dieetkundige vir wie ek baie lief geword het) en ek het tot op hede net 'n bietjie meer as 5KG opgetel waaroor ek baie trots voel! Ek is nou eers klaar met haar, en sal so 5 weke na die keiser weer terug gaan. Sy kan my niks meer leer van watter kosse hoort by watter kosse nie, maar daai morele ondersteuning is GOUD werd! Ek is nie op 'n dieet nie, ek haat dit as ek sekere goed nie MAG eet nie, maar probeer ook eerder gesonder eet! So ek volg die LOW GI eetplan en maak kos uit die "Eet vir volgehoue energie". En dan natuurlik die belangrikste: OEFENING! Ek haat dit . . . Maar dit is so, so nodig om al daai ektra vetjies te verbrand. Ek het gevind om net eers bietjie te gaan stap help, en dan try ek om saam met my kind te speel (hardloop, balskop, ens). DIt moenie voel soos oefening nie, dit moet voel soos goeie kwaliteit tyd saam met jou geliefdes!
Ek sien baie uit na die volgende paar maande, en ek is wraggies bly daar is nog mense soos ek wat gewig wil verloor vir gesondheidsredes. Baie sterkte vir jou, en laat gerus van jou hoor - ek is ook maar net mens met mood swings en binnekort min slaap, so ek weet waardeur jy gaan!!
NB: Ek staan nou op 117kg, my mikpunt is 90kg - als daarna is 'n bonus!

Tuesday, 17 August 2010
Hier's ek weer, hier's ek weer met my vetgat voor jou deur....Ek wil jou hê ek gaan jou kry.
Ek het geen idee hoe om my eerste "Blog" te begin nie, ek is geen "expert" nie. As ek mooi daaroor dink is ek op baie velde nie 'n kenner nie. Miskien moet ek eerstens onverskooning vrae vir my aaklige spelling.
Ek het 'n juffrou gehad op skool wat my vingers stukkend geslaan het oor spelling, tot vandag toe het dit nie gewerk nie. Maar soos met die spelling is daar baie dinge waar jy my net moet aanvaar nes ek is. Hier kom ons nou by die werklike rede vir my Blog.
Jy sien ek is nie net vet nie, ek is gediagnoseer met morbiede vetsug. Ek is 1.74m lank en ek weeg 136.8kg! EK moet dus 'n volle 66kg verloor net om gesond te wees....dit is 'n hele mens.
Hoekom Nou?? Wel ek het twee pragtige kinders en 'n wonderlike man, en om dit mooi te stel kan ek nie byhou met een van die drie nie. Ek raak uitasem en is ongemaklik as ek met die kinders wil speel en kan net in een posisie my man bevreedig wat nou saai raak. Ek het nodig om gesond te word, ek wil 'n lang lewe lei, een wat ek gemaklik kan geniet. Ek verwag nie dat dit oor nag gaan gebeur nie, ek weet dit gaan 'n hele tydtjie neem. My Groot doelwit word ook opgedeel in kleiner stukkies om seker te maak ek bereik die einde!!
My VERLEDE: EK het nie oornag vet geword nie...nee die storie kom nou al 'n helse lang pad. Van kinds af is daar vir my gesê ek is vet,groot,dik noem dit. Ek onthou hoe my oupa my onder my bo-arms getik het en gesê het: "met sulke groot arms kan jy seker lekker spies gooi". My moeder, die lieflike mens wat sy is, het gedink sy doen my 'n guns deur my op elke dieet moontlik te sit waarop sy haar hande kon kry. Dit het meer skade as goed gedoen. Die hartseer van die hele storie is as ek na my fotos kyk was ek nogal 'n baie mooi kind, glad nie eens groot nie, maar iewers langs die pad moes ek dit begin glo het....
WAT NOU.....
Ek het myself ingeskryf by my naaste Weigh-Less groep, alhoewel ek klaar nie van die sogenoemde leier hou nie. Mens moet tog persoonlikheid hê vir die tipe van ding ....maar volgens my het sy geen. Miskien met tyd verander my opinie oor die arme vrou. Automaties vrae jy; "hoekom Weigh-Less?" My Liewe mens glo dit of nie maar EK IS MAL OOR EET!
Ek kan nie meer myself uithonger, skommels drink, inspuit of die volgende wonder kuur probeer. Met weigh-less eet ek tog te lekker en ek leer wat is gesond eet. Ja Ja mens weeg alles dat dit by jou ore uit kom maar dit is vir jou eie onderig proses! Na 'n ruk is mens glo so gekonfyt met als jy weet wat jou porsies is. Op die einde van die dag wil ek dit 'n leefstyl maak.
Dit bring my tot my volgende punt, elke mens is anders. Wat vir my werk is dalk vir jou aaklig of selfs gestuur uit die hel. Met soveel verskeidenheid in die dieet afdeling weet ek ons almal stem nie saam, maar ek respekteer mense en hul keuses. As jy jou dieet met my wil deel, maak so email my....vertel my van jou gewig stories.
Ondersteuning = Ek het genoem dat ek 'n man het, en ja familie. Die ding is, hy ondersteun my so goed dat ek vir hom mooi is al lyk ek soos 'n bus. Hy eet saam met my die dieet kos, reeds sodat ek nie vir hom en die kinders apart moet kos maak nie, want glo my kos maak die kan ek! Die probleem met my man is dat hy saam sal swig, as ek nou mooi gatvol is vir die dieet stories kan ek net tjokie noem, hy sal in sy kar spring en gaan koop.
My familie is daar, my ma my pa en die gewoone , maar met hulle is dit anders. Dis asof hulle meer oordeel as ondersteun. Dit is nie dat hulle aaklige mense is nie, dit is net hoe dit nog altyd is. Oe word gerek as jy roomys inskep, koppe word geskud as jy vir nog n porsie gaan. Sê jy is op dieet dan mag jy nie eens sprite zero drink nie.
Nou dit is waar die moderne tegnologie van vandag inkom, ek het 'n "facebook site", en is deel van 'n groep ook asook gaan ek die "Blog" gebruik om in kontak met mense soos ek en ook myself te bly. Sien dit as 'n dagboek van die reis na 'n beter ek. Ek vrae mense soos jy om my te help, my te ondersteun, met my te praat. Deel met my jou kennis, motiveering net wat jy wil.
ANONIEM...Hoekom skryf ek onder 'n anomieme naam? miskien omdat ek weet daar is meer as een van my daar buite. Daar is baie, dames veral, wat my kan identifiseer.... so jy is dalk vet vroutjie...
WAT KAN JY VERWAG...
Ek is net 'n mens, ek maak foute. Ek is nie die vet mollige vriendelike tannie wat altyd "CHURPIE" is nie.
Alhoewel ek baie van mense hou, bly ek maar net 'n mens. Ek werk, tans is ek op kraam verlof...dit beteken baie tyd (ook nie eintlik met boetie in die arms nie!) Maar ek weet voor my heilige siel as dit terug is werk toe, verander die hele spel. Wat ek probeer sê is; ek gaan probeer om die dagboek gereeld te gebruik en jou op hoogte te hou.
Wat ek verwag van JOU...
Asseblief liewe leser maak kontak, laat weet my ek is nie die enigste een nie. Kom gesels saam my.
As jy enige insette het, ek vat dit soos dit kom.
Tonne Liefde

Subscribe to:
Posts (Atom)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjwpHbdglgQ22_L2ymN5uPC8GQVO4eqvQA2nrinbycds5cYMUg3sPirxW1UgfSRJz754VLEOD3ROAD8UOmLH7L2Cyg4Qs4URT3yz3AQ8lELIlFGzpro9G9qm5TShZSQV4gDjizlll17ZD7c/s250/Cook-Tea%5B1%5D.jpg)