![]() |
Die Bloureën in my Tuin |
Verlede week is my babatjie saam met ouboet na sy kleuterskool toe. Jong was ek nou in 'n algemene toestand van onbeheersbare snik en traanklier disfunksie. Ek kon net nie ophou huil nie. my man dink toe ek is laf want ek was mos nou al deur dit met die eerste seuntjie. (Olie op vuur maar nou ja dit is mos hoe die manlike spesie is. Ek gaan nie vandag daarop in die, vrede is weer by my.) Ek begin toe dink, hoekom is my hart so seer? Dit het kompleet gevoel asof iets weg is uit my?! Al slotsom waarop ek kon kom is dat ek 'n vrees het dat ek BAIE in my kind / ers se lewe mis. Ek weet die jaag monster lê en wag en my siel skreeu stadig stadig dit is jou laaste baba, nooit weer gaan jy so mooi kosbare geskenk kry.
Om als te kroon, weet ek, Juffrou hoe oulik sy ook mag wees is my aards vyand van dag een af.....dit vat nie lank nie, dan is sy die mooiste die slimste en sy weet alles want: "JUF Sê......." Jip liewe mense ek is een van daai mammas wat 'n groen monster in my hart dra, my drie jaarige seun is klaar verlief en verloore. Toe ek nou die dag vir hom wil wys hoe om 'n sirkel uit te knip reken hy my...."Mamma moet dit soos juffrou Marie doen!!! NEE NIE SO NIE!!!!"
Miskien het die absoluute klaagliedere van my iets uit te waai met die feit dat ek in die week nog 'n jaar kan bytel by my ouderdom. Ek voel nostalgies, geseën, gelukkig en hartseer op dieselfde tyd!!
Met die dieet en maer word misie gaan dit maar swak, ek is op 'n "rollercoaster" Ek weet ek moet.... maar ek kan nie, ja ek gaan, nee more, ag nee, net een en dan oeps!!!!
Lekker Dag.
VV
No comments:
Post a Comment